Moord op beesboer: Borgaansoek gehoor

Deel op

Twee swartes wat verbind word met die dood van die Potchefstroomse beesboer Koos van der Leeuw, sal na verwagting vandag uitvind of hulle borgtog toegestaan is.

Die ander twee beskuldigdes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie.

Die 68-jarige Van der Leeuw is in Augustus in die kop geskiet tydens ‘n rooftog by Potchefstroom se abattoir. Hy het later in die hospitaal gesterf.

Die verdagtes het weggekom met R77 500 en ‘n selfoon.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat Aida Lebaka, een van die beskuldigdes wat afstand gedoen het van haar reg op borgtog, verlede maand in die Potchefstroom-gevangenis aan ‘n babadogter geboorte geskenk het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.