EFF en Madonsela se samewerking gekritiseer

Deel op

Die EFF het hul samewerking met die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, verdedig nadat Madonsela as ‘n derde party tot hulle Grondwethofsaak toegetree het.

Die regerende party het vroeër sy kommer uitgespreek omdat Madonsela haar by die EFF skaar in die party se saak teen president Jacob Zuma.

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani het gesê hoewel daar niks verkeerd is daarmee dat ‘n instelling soos die Openbare Beskermer politieke partye in regskwessies steun nie, moet die instelling altyd die publiek se vertroue behou.

Die EFF-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi sê dié logika verwring die ware begrip van die demokrasie.

Ndlozi sê Madonsela verdedig die “onafhanklikheid van die funksie van die Openbare Beskermer”.

‘n ANC-woordvoerder Moloto Mothapo het in ‘n verklaring gesê: “Hoewel persepsies, net soos moraliteit, nooit alleen deur die wet gereguleer kan word nie, is dit van kritieke belang vir die werking van die instelling en sy openbare beeld.”

‘n Instelling soos die OB moet te alle tye gesien word dat dit onafhanklik en onpartydig optree, het die ANC bygevoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.