Associated Press val Trump se bestuurstyl aan

Deel op

Donald Trump is in die visier van die Lobby in die VSA, klaarblyklik weens sy stygende gewildheid.

Trump loop los voor in die Republikeine se benoemingstryd.

Die direkteure van ‘n luukse eiendomsontwikkeling wat die Trump-handelsmerk dra, het sy glo maatskappy afgedank oor beweringe van “wanbestuur en oorbesteding asook onbekende bedrae aan bonusse wat uitbetaal is”, het AP eksklusief berig.

Die gebeure in Sentraal-Amerika se grootste gebouekompleks, Panama City Trump Ocean Club, het nie veel met die Republikeinse party se voorloper in die wedloop om nominasie as presidents­kandidaat te make nie, maar volgens ene Jeff Horwitz is dit ‘n “klad” op Trump se bestuurstyl.

Terwyl die kompleks probleme ervaar het in 2007 met die wêreldwye resessie, het Trump nogtans ‘n wins van $20 miljoen gewys. Trump was klaarblyklik ook nie die ontwikkelaar van die projek nie, ten spyte van Horwitz se vele insinuasies.

In ’n onderhoud het Trump se seun, Eric, die beweringe van wanbestuur afgemaak en dit bestempel as ’n poging om Trump se reputasie skade te berokken.

Alhoewel Trump afgedank is deur die bestuur van die eiendom, wil hulle graag sy naam behou vir die ontwikkeling.

Al Monstavicius, ‘n afgetrede mediese dokter van Nevada wat ‘n luukse dak-suite in die kompleks gekoop het, sê die naam is ‘n magneet vir baie mense.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.