Fopverslag steek MH17 dieper in die doofpot

Deel op

Nederlandse navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die Maleisiese vlug MH17 afgeskiet is deur ‘n “Russies-vervaardigde Bukmissiel, afgevuur deur rebelle in Oos-Oekraïne”, het ‘n Nederlandse dagblad, die Volkskrant, Dinsdag berig.

Die finale verslag is amptelik onthul by ‘n Nederlandse militêre basis by Gilze Rijen waar joernaliste verbied is om vrae te stel.

Die Boeing 777 was op pad na Kuala Lumpur van Amsterdam toe dit oor die ooste van die Oekraïne op 17 Julie verlede jaar afgeskiet is. Al die 298 mense aan boord, insluitend 80 kinders en 15 bemanningslede is dood.

Australië het intussen ‘n amptelike nadoodse ondersoek deur die Coroners Court in Melbourne wat onthul dat die passasiers se beserings nie te wyte was aan ‘n Buk-missiel nie, as geheim verklaar.

Europese juriste sê daar is ruimte vir eise omdat die Oekraïense lugvaartowerheid bewus was van die gevaar, en ten spyte van die risiko nie opgetree het nie.

Die afskiet van ‘n passasiersvliegtuig is ‘n oorlogsmisdaad. Ondertekenaars van die Roomse Statuut is veronderstel om maatreëls in plek te hê om oorlogsmisdadigers te vervolg.

Die verslag lui voorts: “Dit is nie die doel van so ‘n ondersoek om die blaam of aanspreeklikheid aan te wys nie.”

Die Oekraïne kon saam met Australië, Rusland, Engeland en die VSA, kommentaar gee op die inhoud van die ondersoek, wat dui op samespanning omdat die Oekraïne ‘n hoofverdagte blyk te wees.

Lees verder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.