Aartsbiskop voor vir albino-moord

Deel op

Die Aartsbiskop van die Sioniste Kerk, Bhekukufa Sambonga Gumede en nog drie mense verskyn vandag in die Manguzi-landdroshof in KwaZulu-Natal vir die moord op ‘n 21-jarige albino meisie.

Thandazile Mpunzi is verlede jaar vermoor en haar liggaam is geskend.

Die biskop het glo drie mans gehelp om die liggaam te skuif en self sekere liggaamsdele geneem.

Die kommissie vir bevordering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe en tradisionele leiers sal ook die hofsaak bywoon.

Die 20-jarige Mpunzi het vermis geraak en haar liggaam is in ‘n vlak graf opgespoor.

Die drie, Siyabonga Gwala, 18, Lindokuhle Khumalo, 19, en Mandla Mabuza, 19, is in hegtenis geneem nadat hulle die graf uitgewys het.

Die polisie het nie aanvanklik onthul dat Mpunzi ‘n albino was nie.

Familielede het haar verdwyning reeds op 5 Augustus aangemeld.

Emanguzi is naby Kosibaai, sowat 20 km suid van KwaZulu-Natal se grens met Mosambiek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.