ANC stoom voort met verengelsingsplan vir skole

Deel op

Voorstelle ter beperking van die magte van skoolbeheerliggame is glo deel van ‘n voorgestelde wysigingswetsontwerp van die departement van Basiese Onderwys.

Die departement wil inmeng met die aanstelling van die bestuur en skoolhoofde, en wil skole dwing om Engels as die taal van onderrig te aanvaar.

Dié maatreël is in die besonder gemik teen Afrikaanse skole.

Een van die besluite wat geneem is deur die ANC by sy nasionale algemene raadsvergadering die afgelope naweek was om die magte van skoolbeheerliggame in te perk.

Die Federasie van Beheerliggame van SA Skole se voorsitter Paul Colditz het gesê hy ondersteun meertaligheid.

Colditz het gesê Fedsas is bereid om te werk met die voorstel van onderrig in meer as een taal vir skole.

Fedsas het egter in Mei vanjaar ‘n dringende aansoek gebring teen die Gautengse departement van onderwys om gesentraliseerde opnames te stop vir 2016 en sy plan om enkelmediumskole in parallel-medium te omskep, in die wiele gery.

Regter Gregory Wright het beslis dat skole geregtig is om waglyste vir leerlinge op te stel asook hul eie toelating en taalbeleid te bepaal.

“Ons moet veeltaligheid bevorder. Maar, as daar ‘n opdrag vir ‘n ander taal van onderrig is, moet die staat die nodige hulpbronne daarvoor bewillig,” het Colditz gesê.

Matakanye Matakanya, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame, het die voorstel oor Engels in Afrikaanse skole verwelkom.

“Dit is regtig ‘n probleem. As jy daardie tipe skool [enkelmedium] in die nuwe Suid-Afrika het, weerspieël jy nog steeds apartheid,” het hy aan News24 gesê.

‘n Ouer wat valse verklarings maak om kinders in ‘n spesifieke skool te kry, kan ses maande se tronkstraf in die gesig staar, volgens nog ‘n voorgestelde wetsontwerp deur die departement van Basiese Onderwys.

Colditz het aan News24 gesê hy ondersteun die voorstel, wat hy reeds bespreek het met die minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.