Boer wat swarte skiet kry borg

Deel op

‘n Wit boer van Noordwes is borgtog toegestaan van R5000 nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ‘n swarte op ‘n fiets geskiet het.

Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die 48-jarige Cornelius Geldenhuys sal op 7 Desember weer in die Koster-landdroshof verskyn.

Geldenhuys het na bewering die 41-jarige Salomo Quku, Saterdag om 16:00, noodlottig gewond ‘n paar kilometer van sy plaas by Koster.

Die polisie sê die boer het die man daarvan beskuldig dat hy gesteelde goedere by hom het wat tydens ‘n inbraak by sy huis gesteel is.

‘n Onderonsie het ontstaan waartydens die man twee keer geskiet is. Hy is op die toneel dood.

Verskeie plakkers van die Mountain View-lokasie het buite die hof betoog.

Geldenhuys het self die polisie oor die voorval ingelig waarna hy in hegtenis geneem is.

Ramaloko sê die polisie is steeds besig met ballistiese toetse op die geweer wat gekonfiskeer is van Geldenhuys ná die voorval.

RSG het na die swarte as ‘n “fietsryer” verwys, ‘n woord wat gebruik word vir diegene wat fietsry as ‘n sport beoefen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.