Die uitspraak oor die 50-50-voorstel, die naweek tydens die ANC-hoofraadsvergadering, maak nie sin nie.
Dit, volgens AgriSA se Annelize Crosby, wat meen daar is in die verlede goeie vordering gemaak met die bespreking van dié kwessie, waarvolgens boere die helfte van hul plaas met werkers moet deel.
Sy sê die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Gugile Nkwinti, het in 2013 met ‘n voorstel gekom wat AgriSA in die geheel verwerp het. Nkwinti het later gevra dat hulle alternatiewe voorstelle op die tafel moet plaas.
Dié voorstelle is volgens Crosby in Maart vanjaar aan Nkwinti oorhandig en hy het ingestem dat die beleid oor ‘n tydperk van vier jaar getoets sou word, deur middel van loodsprojekte.
Crosby sê Nkwinti het egter tydens die naweek se hoofraadsvergadering gesê dat die 50-50 voorstel deur die ANC goedgekeur is.