Polisie ontplooi teen bendes op Oos-Rand

Deel op

‘n Swaar polisieteenwoordigheid op Etwatwa en Daveyton aan die Oos-Rand sal na verwagting verseker dat onderrig sonder probleme kan voortgaan wanneer die skole vir die vierde kwartaal heropen, het RSG berig.

Dit volg na voorvalle van boendoegeregtigheid deur woedende lede van die gemeenskap wat ‘n plaaslike bende aangeval het wat na bewering die gemeenskap van Etwatwa geterroriseer het.

Die bendelede is met die halssnoermetode gestraf.

Die Ekurhuleni Metro sê die onbestendigheid in die gemeenskap het gelei tot ‘n hoë koers van afwesigheid in klasse aangesien meer jongmense vir hulle lewens gevrees het.

Die Polisie en die Ekurhuleni Metropolisie sal die gebied monitor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.