Die Johannesburgse Metro Polisie het motoriste versoek om Witkoppenweg in Kya Sand te vermy en gesê dit is nie veilig nie.
‘n Woordvoerder Wayne Minnaar het gesê sowat 200 oproeriges het versamel by Riverbend Road en met rotse die pad versper.
Hulle sal na verwagting opmars na die plaaslike regering om 09:00 Maandagoggend ter oorhandiging van ‘n memorandum van griewe.
Minnaar het gesê motoriste moet eerder die N1-tolpad as ‘n alternatiewe roete gebruik.
Volgens die jongste berigte het die polisie traangas gebruik om die oproerige skare uiteen te jaag nadat klippe na voertuie gegooi is in die gebied.