Grondoordrag: Landbou-organisasies koop in

Deel op

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Sondag verklaar dat die ANC die oordrag van wit grond as beleid aanvaar het en reeds toepas met die seën van landbou-organisasies.

Daarvolgens moet wit boere die helfte van hul plaas met hul werkers deel. Dit is amptelik deur die ANC as beleid aanvaar, het Nkwinti, lid van die ANC se subkomitee rakende grondhervorming, gesê.

Landbou-organisasies het glo “voorstelle” ingedien in die vorm van “sakemodelle” waarin “vaardigheidsontwikkeling” deur eiendomsoordrag aangebied word.

Volgens Nkwinti het talle kommersiële boere, veral in die Vrystaat en Noordwes, al aangedui dat hulle deel van die program wil wees.

‘n Resolusie oor die beleidsraamwerk is op die ANC se Mangaung-kongres in 2012 aanvaar. Die ANC het daarna die beleidsraamwerk in Februarie vanjaar te volle aanvaar en geformaliseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.