Steve sing Die Stem by Aardklop

Deel op

Steve Hofmeyr het Vrydagaand Die Stem uit volle bors by Aardklop in Potchefstroom gesing, wat tot luide toejuiging gelei het.

Die waarderende gehoor het hand op die bors saamgesing. Hofmeyr het nie die laaste versreëls gesing nie, maar sy gehoor het die feesterrein laat weergalm met die slot.

Hofmeyr het voor sy optrede aan PRAAG gesê dat hy sal aanhou om Die Stem te sing.

“Ek sing dit elke aand voor ’n duisend mense. En niemand is kwaad nie. Ek het al in ’n bruin gemeenskap én swart gemeenskap mense gesien opstaan en as hulle die woorde ken, saamsing,” het Hofmeyr aan Netwerk24 gesê.

Hofmeyr meen dit is die nuwe versetlied. “Dit is ’n versetlied. Verset teen verval, en hy bly die mooiste lied wat ooit geskryf is vir hierdie land.”

Volgens Hofmeyr het Aardklop geen voorskrifte gehad oor wat hy nie mag sing nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.