‘n Kerkdiens in Pretoria het in chaos geëindig toe byna 40 swart kerkgangers vertrap is tydens ‘n stormloop.
Die veertig is Sondagoggend beseer by die Tshwane Events Centre toe ‘n skare vorentoe gebeur het om toegang tot die perseel te kry.
ER24 se woordvoerder Werner Vermaak het gesê kort voor 08:00 is paramedici en ander ambulansdienste na die toneel ontbied. “Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle 40 mense met verskeie beserings aangetref,” het hy gesê.
‘n Bejaarde vrou het ernstige bekkenbeserings opgedoen. Sy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem en verkeer steeds in ‘n ernstige toestand.
‘n Kerkbyeenkoms word elke Sondag op die perseel gehou en ‘n skare swartes het buite die geslote hek saamgedrom toe hulle begin stoot het van agter om toegang te verkry.
Die hek het uiteindelik oopgebars en diegene wat geval het, is deur die stormlopers vertrap.