Ivoorkus-verkiesing in die weegskaal oor ongeloofwaardige kandidaat

Deel op

Vyf van die Ivoorkus se tien presidentskandidate het Woensdag gesê die land is nie gereed om geloofwaardige en deursigtige verkiesings op 15 Oktober te hou nie.

Hulle dreig nou om hulle aan die verkiesings te onttrek.

Opposisiegroepe sê Alassane Ouattara se ouers is nie Ivoorkus-burgers nie, dieselfde beswaar wat voor die dodelike onrus in 2010-2011 geopper is en waarin meer as 3000 dood is.

Die voormalige president Laurent Gbagbo, wat aangekla is deur die Internasionale Strafhof vir misdade teen die mensdom moet in November in Den Haag oor dié onrus verskyn.

Hy het geweier om van sy pos te bedank en erken nie Ouattara se oorwinning by die stembus nie. Ouattara is ‘n Moslem en ekonoom wat voorheen vir die IMF gewerk het.

Die vyf kandidate het die week tydens ‘n byeenkoms van die Nasionale Koalisie vir Verandering (CNC) in die hoofstad, Abidjan, gepraat.

‘n Voormalige speaker, Mamadou Coulibaly, het gesê sommige presidentskandidate is nie gereed om in die huidige omstandighede aan verkiesings deel te neem nie. Hy wil ook hê die nege presidentskandidate wat die huidige president, Alassane Ouattara, teenstaan, moet byeenkom en “gesels”.

Ander opposisieleiers het weer te velde getrek teen die onafhanklike verkiesingskommissie wat volgens hulle ten gunste van Ouattara is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.