Upington-dwelmverdagte bly in aanhouding

Deel op

Die man wat by Upington in hegtenis geneem is nadat dwelmmiddels, met ‘n straatwaarde van R4,85-miljoen in sy besit gekry is, moet weer op 20 Oktober in die hof verskyn.

Spamandla Ndlovu is Maandag deur die Pababello-polisie by sy huis vasgekeer. Mandrax-tablette, sakkies tik en ‘n sak met plofbare materiaal is onder meer gekonfiskeer. Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Marina Brewis, sê hy bly in aanhouding.

Die drie mans wat Sondag in ‘n ander klopjag in die gebied deur die polisie in besit van dagga ter waarde van meer as R338 000 gearresteer is, het Maandag in die hof verskyn.

Martin Phillips en Tabang Molefe is uit op borgtog van R500 elk en moet weer op 4 November in die hof verskyn.

Die klag teen ‘n derde verdagte is laat vaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.