Rwanda verwerp derde termyn vir Kagame

Deel op

Rwanda se hooggeregshof het dié week ‘n aansoek om grondwetlike wysigings verwerp om pres. Paul Kagame toe te laat om vir ‘n derde presidentstermyn te staan.

“Enige artikel kan gewysig word,” het hoofregter Sam Rugege gesê toe hy die saak, wat deur die Demokratiese Groen Party gebring is, van die rol geskrap het. “Die petisie het geen gronde nie en word gevolglik van die hand gewys.”

Die Groen Party is die enigste politieke groep wat openlik planne uitdaag om artikel 101 van Rwanda se grondwet te wysig wat die president tot twee termyne beperk.

Kagame het in 2003 en 2010 se verkiesings geseëvier en het elke keer meer as 90 persent van die stemme op hom verenig. Hy is in beheer van Rwanda sedert sy rebelle-weermag in 1994 ‘n einde aan die volksmoord gemaak het.

Meer as 3,7 miljoen mense, meer as 60 persent van geregistreerde kiesers, het ‘n petisie onderteken wat vra vir die grondwetlike wysigings om Kagame toe te laat om weer in 2017 as presidentskandidaat te staan. Albei huise van die parlement steun ook die voorgestelde veranderinge.

Die verwikkelinge kom midde groter omstredenheid in Afrika oor pogings van leiers om grondwette te verander ten einde langer aan die mag te bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.