NAVO kla luidkeels oor Russiese veldtog teen ISIS

Deel op

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Jens Stoltenberg, het Donderdag in Brussel gesê ministers van verdediging van die NAVO-alliansie moet NAVO se eie veiligheid oorweeg midde die “kommerwekkende toename in Russiese militêre aktiwiteite” in Sirië.

Hy sê Navo is gereed om, indien nodig, magte te ontplooi om die alliansie-lid, Turkye, te verdedig. Turkye is een van die lande wat ISIS steun.

Russiese vegvliegtuie het Woensdag ­missiele afgevuur in die eerste gekombineerde offensief met troepe van die Siriese regering sedert Moskou verlede week met sy militêre veldtog in Sirië begin het.

NAVO het verlede naweek herhaaldelike skendings van Turkye lugruim deur Russiese vegvliegtuie aangemeld, maar die Turkse premier Ahmet Davutoglu het aan joernaliste gesê die voorvalle het nie betrekkinge tussen die twee lande aangetas nie.

Volgens Davutoglu, het Moskou Ankara verseker dat sodanige voorvalle in die toekoms uitgeskakel sal word.

NAVO het intussen Maandag nietemin in ’n verklaring geëis dat die skendings moet end kry.

Rusland het voorvalle in die Turkse lugruim toegeskryf aan grensbewaking.

Brittanje se minister van verdediging, Michael Fallon, het Rusland daarvan beskuldig dat die land se betrokkenheid in Sirië nie soseer teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS) gemik is nie, maar eerder om die regering van pres. Bashar al-Assad by te staan.

Rusland se weermag is op versoek van die Siriese president ontplooi teen internasionale terreur, terwyl NAVO oor geen wettige mandaat beskik om die Siriese leierskap omver te werp nie en boonop internasionale terreur stig om dit te bereik in die vorm van ISIS.

Navo-woordvoerders het die vrees uitgespreek dat die situasie kan vererger en “nog gevaarliker” kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.