Vliegtuig met DA-adjunk steeds soek

Deel op

Die soektog na die vermiste mikroligte vliegtuig waarin die DA se adjunk-leier in Noordwes, Petro Nel in Nepal gevlieg het, het vanoggend hervat.

Die voormalige DA-leier in die provinsie, Chris Hattingh, sê Nel is op vakansie in Nepal en het vir ’n besigtigingsvlug, wat veronderstel was om ’n uur te duur, geneem.

Die vliegtuig, wat vroegoggend in Pokhara opgestyg het, het egter nie soos geskeduleer teruggekeer nie.

Hattingh sê die gebied waar die vliegtuig weggeraak het is geweldig bergagtig.

Die loods is van Rusland. Die owerheid in Nepal is in kontak met Nel se man.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.