DA-heksejag oor PW Botha-opmerking voortgesit

Deel op

Die tugverhoor van die DA-LP, Dianne Kohler-Barnard begin vanoggend by die DA se kantore in die Parlement, het RSG berig.

Die DA se federale voorsitter, James Selfe sê ‘n paneel van die party se federale regskommissie sal die verhoor lei, terwyl Kohler-Barnard haar eie regsverteenwoordiging sal hê.

Kohler-Barnard staar tugstappe in die gesig nadat sy ‘n plasing op Facebook gedeel het waarin die apartheidspresident, PW Botha se terugkeer gevra word.

Kohler-Barnard is reeds verwyder as die party se woordvoerder oor die polisie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.