Tien sterftes in Nigerië dalk ebola

Deel op

Vrese dat ebola weer in Wes-Afrika kan uitbreek is verhoog nadat die virus in die suide van Nigerië klaarblyklik tot sterftes gelei het.

Dié nuwe gevalle kom ‘n jaar nadat die land vry van die virus verklaar is.

Tien mense in die suide van Nigerië is onder kwarantyn geplaas, nadat hulle in kontak was met ‘n man wat simptome soortgelyk aan die van die ebola-virus getoon het, het amptenare gesê.

Dit volg ‘n jaar nadat Nigerië vry van die virus verklaar is.

Die man is volgens berigte dood kort nadat hy by ‘n hospitaal in Calabar opgeneem is.

Intussen het die drie lande wat die ergste deur die ebola-virus geraak is, Guinee, Sierra Leone en Liberië, Woensdag verklaar dat geen nuwe gevalle sedert Maart 2014 aangemeld is nie.

Meer as 11.000 mense in Wes-Afrika is sedert die begin van 2014 aan die ebola-virus dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.