Onbeskermde staking kan Johannesburg donker laat

Deel op

Die munisipale werkersvakbond SAMWU het gewaarsku dat sy staking wat aanstaande Maandag begin, daartoe sal lei dat die hele Johannesburg en sy voorstede in duisternis gehul sal wees.

Die vakbond sê hy het Johannesburg City Power ingelig van sy voorneme om met ‘n volskaalse staking te begin, het RSG berig.

City Power sê die staking is onbeskermd. SAMWU voer aan dat City Power en sy Raadsvoorsitter nie aandag gegee het aan kwessies wat verband hou met korrupsie teen City Power se besturende direkteur nie.

City Power sê SAMWU se optrede sal neerkom op sabotasie. City Power sê hy is ‘n Nasionale Sleutelpunt en enigeen wat dreig om die kragnetwerk onwettig af te skakel, kan vervolg word.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het ook nie ‘n sertifikaat uitgereik aan SAMWU nie wat die staking onwettig maak.

City Power sê hulle het sonder sukses by talle geleenthede SAMWU gevra om sy bewerings van korrupsie teen die besturende direkteur te staaf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.