Amerika kry welverdiende rugbyloesing

Deel op

Suid-Afrika is met 16 punte bo-aan groep C van die Rugby Wêreldbekertoernooi wat in Brittanje gehou word.

Daarmee is die Bokke se plek in die kwarteindronde in Londen verseker.

Die Springbokke het Amerika Woensdag ‘n pakslae gegee van 64-0 en altesaam nege drieë gedruk, terwyl ‘n strafdrie ook toegeken is.

Die VSA se afrigter, Mike Tolkin, het 12 veranderinge aan sy beginspan aangebring, wat kennelik ‘n duur fout was.

Die belowende senter, Damian de Allende is as Speler van die Wedstryd aangewys nadat hy ‘n drie gedruk het.

Die veteraanspeler, Bryan Habana, het ‘n driekuns behaal, maar kon nie die rekord vir drieë in ‘n Wêreldbekerstryd van die All Black Jonah Lomu verbeter nie.

Die Springbokke sal in die volgende ronde teen Wallis of Australië te staan kom.

In sy laaste wedstryd het Georgië sy wedstryd teen Namibië naelskraap met 17-16 gewen.

Die Namibiërs se span het hoofsaaklik uit Afrikaners bestaan wat verbete verdedig het.

Jacques Burger, die Namibiese kaptein wat aan die voorpunt van die Namibiese fisieke aanslag was, is egter vroeg in wedstryd beseer en moes van die veld af.

Die span se Walliese afrigter Phil Davies het sewe veranderinge aangebring aan sy span. Die

Die hoop van die Namibiese span was die haker Torsten van Jaarsveld, een van die staatmakers met sy akkurate ingooiwerk.

Die Vrystaat Cheetahs se Curriebeker-kaptein het vanjaar se Superrugbyreeks as die haker met die meeste suksesvolle ingooie afgesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.