Brand by Dewetsdorp onder beheer

Deel op

‘n Hewige veldbrand, wat Woensdag naby Dewetsdorp in die Vrystaat gewoed het, het nie ver versprei nie danksy ‘n vorige veldbrand.

Johann Breytenbach, voorsitter van die Dewetsdorp-brandvereniging sê ‘n stuk grond wat reeds uitgebrand het, het verhoed dat die brand verder verprei. Dit is Woensdagmiddag onder beheer gebring.

Breytenbach sê dit is in hierdie stadium onduidelik hoeveel hektaar weiveld vernietig is.

Breytenbach sê die brand het op die plaas Deelpan ontstaan en in ‘n oostelike rigting na Hobhouse versprei. Die oorsaak is nog onbekend.

Duisende hektaar weiveld het ‘n paar maande gelede in die gebied afgebrand weens ‘n wegholbrand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.