Kongo stem binnekort oor president se derde termyn

Deel op

Pres. Denis Sassou Nguesso is reeds meer as 30 jaar aan die stuur van sake in die Republiek van die Kongo.

Die 72-jarige president word grondwetlik verhinder om hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar te stel en daar is ‘n ouderdomsbeperking van 70 jaar vasgestel, het AFP berig.

Sassou Nguesso is onder verskeie Afrika-leiers wat in omstredenheid gedompel is omdat hulle verseg om die leisels prys te gee.

Sassou Nguesso se besluit om hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar te stel, het tot protesoptrede in die hoofstad, Brazzaville, gelei nadat die regering verlede maand sy voornemens aangekondig het.

Soortgelyke planne deur sy eweknieë het vanjaar elders in Afrika tot geweldpleging gelei. In nabygeleë Burundi het pres. Pierre Nkurunziza se wyd veroordeelde derde termyn tot ‘n mislukte staatsgreep gelei.

Laat verlede jaar is die ystervuis-leier van Burkina Faso, Blaise Compaore, uit die kussings gelig ná wydverspreide en gewilde straatprotes. Dít nadat hy probeer het om sy 27 jaar lange bewind te verleng.

Die Oktober-referendum sal handel oor die twee-termyn-beperking en om die ouderdomsbeperking-voorsiening te skrap.
Die referendum sal op 25 Oktober­­­­ plaasvind.

Sassou Nguesso was van 1979 tot 1992 president. Daarna was hy die leier van die opposisie en het ná ‘n kort burgeroorlog in 1997 na die presidensiële paleis teruggekeer.

Hy is in 2002 en weer in 2009 herkies as president midde ernstige besware van opposisiepartye rakende wydverspreide verkiesingsbedrog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.