Twee verkragters in George op vrye voet

Deel op

‘n Tienjarige meisie is een van twee slagoffers wat hierdie naweek in die bruin woongebied by George, Pacaltsdorp verkrag is.

Volgens luitenant Lorraine Heyns van die Pacaltsdorp-polisie was die 10-jarige slagoffer Vrydag 2 Oktober alleen by die huis toe die verdagte na bewering die deur oopgedwing het en haar verkrag het.

Die voorval het om 22:00 in die Syferfonteinlokasie plaasgevind. Die verkragter is steeds op vrye voet.

In nog ‘n voorval is ‘n vrou (36) op die sportterrein in Pacaltsdorp in die vroeë oggendure van Sondag 4 Oktober verkrag.

Volgens inligting wat die polisie ontvang het, het die slagoffer vir ‘n vriendin in Beachweg gewag toe ‘n man haar nader en met ‘n mes dreig. Hy het haar na die sportterrein gedwing en verkrag.

Die verdagte is steeds soek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.