ISIS vernietig geskiedkundige erfenis verder

Deel op

Lede van die die Islamitiese Staat (ISIS) het die naweek die eeue oue triomfboog in die geskiedkundige stad Palmira opgeblaas.

Vroeër het die beweging ook twee tempels en ander strukture in die 2 000 jaar oue stad verwoes.

Die terroriste het die stad, ’n Unesco-bewaringsgebied, in Mei verower. Hulle beskou die geskiedkundige geboue en monumente as heidens en teen hul geloof.

“Dit is asof ’n vloek die stad getref het. Daar sal niks oorbly as dit in hul hande bly nie,” het Maamoun Abdulkarim, hoof van oudhedebewaring in Sirië, gesê.

“Hulle is nou op ’n moedswillige vernietigingstog. Hul optrede word nie meer deur ideologie of godsdiens gemotiveer nie. Hulle blaas nou ook geboue op wat geen godsdienstige betekenis het nie.” Die rebelle het in Augustus die tempel van Baal Shamin en die tempel van Bel vernietig.

Dit is van die geboue uit die Romeinse era wat die beste behoue gebly het. Unesco­ het die vernietiging van geskiedkundige terreine in Palmira as oorlogsmisdade bestempel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.