Brand lê sonneblompersaanleg in puin

Deel op

‘n Brand wat by Epko, ‘n sonneblomsaad-persaanleg op Lichtenburg ontstaan het, het ‘n gedeelte van die aanleg in puin gelê.

Volgens NWK se besturende direkteur, Danie Marais, was daar geen lewensverlies nie.

Hy sê ‘n span deskundiges het reeds met ‘n ondersoek begin. Daar was nog nie tyd om die presiese skade van die brand, wat omstreeks 17:00 uitgebreek het, te bepaal nie.

Marais sê daar gaan afleggings weens die voorval wees nie.

Die aanleg is in 1997 opgerig as ‘n filiaal van NWK en in Februarie vanjaar het Louis Dreyfus Commodities ‘n 50%-aandeel in die sakeonderneming bekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.