SA glo op koers met hernubare energie

Deel op

Suid-Afrika se hernieubare-energiesektor het meer as 190 miljard rand se beleggings gelok, waarvan bykans 30 persent uit die buiteland kom.

Volgens ‘n verslag van die Departement van Energie is Suid-Afrika op koers om sy doelwit van 30 persent van sy energie uit hernieubare bronne te bereik.

Die verslag volg te midde van ‘n studie deur Bloomberg dat windkrag nou die goedkoopste elektrisiteit in Duitsland en Brittanje is.

Hernieubare energie is op die voorgrond in Suid-Afrika wat hoofsaaklik staatmaak op ‘n verouderde skeenkool-gedrewe kragnetwerk wat gereeld tot beurtkrag lei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.