BFLF-lede bestorm Madonsela se kantoor oor ‘gesteelde miljarde’

Deel op

‘n Groep onder leiding van ‘n voormalige EFF-lid, wat bekendstaan as “Black First Land First” eis dat die Openbare Beskermer ‘n ondersoek bespoedig oor 26 miljard rand wat voor 1994 na bewering by die Reserwebank gesteel is.

Die groep het Madonsela se kantoor Dinsdag bestorm en die polisie moes ingryp.

‘n Ondersoek wat die regering in 1997 gelas het, het bevind dat die geld aan handelsbanke en in buitelandse rekenings betaal is.

Die verslag is in 1999 aan oudpresident Thabo Mbeki oorhandig, maar hy het nooit daarop gereageer nie.

Madonsela sê die ondersoek is vertraag weens gebrekkige hulpbronne, maar dit sal hopelik teen die einde van die jaar afgehandel wees.

Sy het verder opgemerk dat hul belangstelling in die ondersoek na die regering se beweerde onbehoorlike hantering van die CIEX-verslag in ‘n brief gedateer 7 September 2015 uitgespreek is.

Die BFLF-lede is nie die klaers in die saak nie. Die klaer is adv. Paul Hoffman van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika.

Die Openbare Beskermer is in kontak met adv. Hoffman oor die aangeleentheid en hy is ingelig oor die stand van die ondersoek.

Die groep se Andile Mngxitama, wat uit die EFF geskors is, sê: “Waar is die R26 miljard? Hoekom beskerm jy wit kapitaal? Dit is jammer dat ‘n instelling met só ‘n reputasie soos die Openbare Beskermer, misluk het om die publiek te beskerm.”

Madonsela het vier jaar gelede begin met die ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.