Zuma ontmoet visekanseliers vandag

Deel op

President Jacob Zuma sal vandag die visekanseliers van hoër onderwysinstellings ontmoet om oor verskeie brandende kwessies te praat wat universiteite regoor die land raak.

Die vergadering sal op versoek van die Universiteitsraadvoorsittersforum van Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Universiteite plaasvind.

Die Presidensie se waarnemende woordvoerder, Bongani Majola, sê die regering sal ook toekomstige planne vir hoëronderwysinstellings in die land openbaar.

Hy sê Zuma sal deur verskeie ministers, waaronder die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, by die vergadering in die Uniegebou vergesel word.

Befondsingsverwante kwessies wat tot studenteprotes lei, is ‘n gereelde gebeurtenis by UKZN, maar het veral verlede maand gewelddadig geraak toe die administrasiegebou op die Westvillekampus, tesame met twee voertuie, aan die brand gesteek is.

Die studentekantoor op die Westvillekampus is ook verlede week aan die brand gesteek. Studente van die Westville- en Pietermaritzburgkampusse is oor die afgelope drie weke in hegtenis geneem, en ten minste 10 studente is geskors.

Volgens internasionale standaarde is die vlak waarop hoër onderwys in Suid-Afrika befonds word, laag.

Dieselfde verslag van 2013 noem die huidige “onvoldoende” koers van staatsbesteding aan hoër onderwys as ‘n faktor wat verhinder dat die volgende geslag akademici ontwikkel word.

Die aantal studente wat ingeskryf is aan Suid-Afrika se universiteite sal na verwagtig teen 2019 1,1 miljoen wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.