Die 26-jarige bruin skieter in die massaskietvoorval by die Umpqua Community College in Roseburg in die Amerikaanse deelstaat Oregon het selfmoord gepleeg, volgens Amerikaanse owerhede.
“Die mediese ondersoek het bevestig dat selfmoord die oorsaak van die skieter se dood was,” het die Douglas-distrik se polisiehoof, John Hanlin, gesê.
Hy het gesê die bruinman, Christopher Harper-Mercer, was ’n student aan die kollege waar die massaslagting plaasgevind het.
Harper-Mercer wat minstens nege studente en lektore doodgeskiet het, is deur die hoofstroommedia as wit voorgehou.
Dit was Amerika se ergste voorval van massamoord vanjaar. Voor die jongste voorval is daar reeds 293 mense vanjaar in massamoorde in dié land gedood.
Die slagting het begin toe Mercer Donderdagoggend by ’n lesinglokaal ingestorm en ’n lektor doodgeskiet het, waarna hy van die een lokaal ná die ander gestap en geskiet het. Angsbevange studente het probeer om die deure, wat nie kan sluit nie, toe te maak. Ander het op die vloer neergeval of agter tafels en stoele probeer skuil.
Pres. Barack Obama het egter sy woede teen die wit National Rifle Association (NRA) gerig.