Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval

Deel op

Die Nigeriese weermag het ontken dat jihadiste ‘n hernude aanval op ‘n stad in die land geloods het. Hulle sê die ontploffings was weermagoefeninge.

Veelvuldige ontploffings is Sondag aan die buitewyke van Maiduguri gehoor, het ­plaaslike inwoners gesê.

Dié stad is in die noordooste van Nigerië geleë en word ­herhaaldelik deur Boko Haram Islamiete aangeval.

Inwoners het gesê harde ­ontploffings is in die gebiede van Kayamla en Dalori gehoor. Dit volg knap nadat ­Maiduguri deur insurgente aangeval is en 10 mense se lewe geëis en nóg meer ­beseer is.

Die konflik het meer as 1260 lewens in Nigerië alleen geëis sedert president Muhammadu Buhari op 29 Mei ingehuldig is, volgens ‘n AFP-telling.

Ten minste 17.000 mense is dood en meer as 2,5 miljoen is dakloos gelaat sedert die Boko Haram-opstand begin het in 2009.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.