‘Vavi en Malema wil regering omver werp’

Deel op

Cosatu se voormalige sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en EFF-leier Julius Malema smee glo planne om die regering omver te werp, het Noordwes-premier Supra Mahumapelo Sondag gesê.

“Hulle is besig om mense rondom hulle saam te trek, hulle wil mense aanhits om uiteindelik die regering omver te werp,” het hy gesê by die bekendstelling van die jaarlikse Rooi Oktober-veldtog van die SA Kommunistiese Party in Lethabong, naby Rustenburg.

Vavi hou homself as ‘n anti-korrupsie-aktivis aan mense voor om sy oortredings as Cosatu se sekretaris-generaal te verbloem.

“Hy is besig om sy spore dood te vee. Hy wil hê mense moet vergeet wat hy gedoen het in ‘n kantoor by Cosatuhuis… ” het Mahumapelo in Setswana gesê. Hy het verwys na ‘n buite-egtelike verhouding wat Vavi met Cosatu-personeellid gehad het.

Vavi en Malema het ‘n anti-korrupsie-opmars na die Uniegebou in Pretoria op 30 September gelei.

Vavi is geskors uit Cosatu in Maart vanjaar omdat hy die vakbondfederasie in oneer gebring het en verdelende aktiwiteite aanmoedig.

Vavi het intussen die jongste bekende persoonlikheid geword wat in hegtenis geneem is vir ‘n spoedoortreding.

Vavi is vasgetrek toe hy teen 207km/h op die R24-hoofweg naby Edenvale in Ekurhuleni, Sondagoggend, gejaag het volgens bronne. Die spoedbeperking op dié besige pad is 120km.

Malema, ‘n voormalige ANC-jeugliga president, is geskors uit die ANC in April 2012 vir die saai van verdeeldheid binne die regerende party.

Hy het sy eie politieke party, die EFF, begin in Julie 2013, waar wit linkses die gewillige houtwerk-genie voorsê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.