Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm

Deel op

Terwyl plaasmoorde en -aanvalle voortwoed, kan renosters darem voortaan rustig slaap.

Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in die provinsie gestroop is.

Die departement se Coenie Erasmus, wat in beheer is van die Groenskerpioene wat voorvalle van wilddiefstal, insluitend renosterstropery, ondersoek, sê weens ‘n tekort aan mannekrag en duur gevorderde toerusting, is altesaam ses renosters die afgelope maand op private grond en in reservate in die provinsie doodgeskiet.

Hy sê die department gaan voortaan hommeltuie gebruik met ‘n nagsigfunksie om renosterstropery te bekamp. Hy sê natuurbewaarders het nie die vermoë en die nodige toerusting om die stryd teen slinkse tropers te wen nie, terwyl ‘n hommeltuig eerder as die duursame gebruik van helikopters, hul taak kan vergemaklik.

‘n Hommeltuig is stiller en minder sigbaar as ‘n helikopter. Erasmus sê dit beskik oor goeie kameraresolusies wat die patrolering van heinings oor ‘n 5km afstand moontlik maak met minder mannekrag. Die tuig kan ook hoog en laer vlieg en goeie beeldmateriaal verskaf. Dit feit dat dit tot 400m hoog kan vlieg vergemaklik ook die tel van wild.

Die departement se eerste hommeltuig is op die Vereniging vir Staatsamptenare in die Vrystaat aan die department op ‘n oorhandig. Bestuurder van die VSA, Gerhard Koorts, sê geld is op ‘n gholfdag ten bate van die bekamping van renosterstropery gebruik om die hommeltuig aan te koop.

Die vakbond het besluit die skunking te maak omdat dit belangrik is om nie slegs na lede se belange om te sien nie, maar ook ‘n bydrae te maak tot natuurbewaring.

Erasmus sê die hommeltuig sal in die Willem Pretorius-reservaat, waar vier renosters die afgelope maand doodgeskiet is, gebruik word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.