Chaos in Nigeri

Deel op

Nigerië se nuwe president sal waarskynlik later vandag aangekondig word, te midde van chaos en kullery by stembusse tydens die verkiesing van 21 April.

Westerse en Afrika-waarnemers stem saam dat daar vele ongerymdhede plaasgevind het. Dit stem die internasionale gemeenskap tot kommer, nie net omdat Nigerië oor die grootste bevolking op die Afrika-vasteland beskik nie, maar ook omdat die land die wêreld se sesde grootste uitvoerder van olie is.

Die Europese Unie-waarnemersending het soos volg eufemisties kommentaar gelewer: “Daar was insidente wat kommer laat ontstaan het dat nie alle stemgeregtigde Nigeriërs vry en sonder vrees kon stem nie.“
Deel op

In ’n herhaling van die vorige week se staatsgoewerneurverkiesing, is stembriewe Saterdag laat by stemlokale afgelewer, sodat sommige stemgeregtigdes die hele dag moes wag of selfs glad nie kon stem nie. Drukfoute het verder op sommige van die 65 miljoen stembriefies verskyn.

Die Gemenebes-sending praat van “beduidende tekortkominge“ en volgens waarnemers van die VSA is die standaard van die pas afgelope verkiesing nie te vergelyk met die verkiesings in 2003 en 1999 nie. Vele gevalle van intimidasie en vals stembriefies wat gebruik is om stembriefhouers mee vol te prop, is aangemeld.

Vise-president Atiku Abubakar het die chaos en bedrog as redes gebruik om Sondag op ’n nuwe verkiesing aan te dring. “Ek het reeds die verkiesing verwerp,“ het hy gesê.

Die verkiesingskommissie se kantore is enkele ure voor die stemming plaasgevind het deur ’n bomaanval geteiken. Die kommissie kon nog geen aanduiding gee van hoeveel mense gaan stem het nie.

Dit gaan ’n logistieke nagmerrie wees om weer ’n verkiesing te reël, in ’n land met 140 miljoen inwoners en ’n bewese rekord van stembedrog.

Ten minste 39 mense is die afgelope week in geweld dood. Gedurende dieselfde periode is 40 mense in die noorde van Nigerië dood, in godsdienstige konflikte.

Toenemende geweld in die suide van die land, waar meeste van die olie geproduseer word, het Nigerië se daaglikse produksie met ’n kwart verminder. Meer as 150 buitelanders is die afgelope jaar gyselaar geneem ten einde druk op buitelandse maatskappye in die land uit te oefen.

free games slots casino downloadлобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.