Europa se komitee vir minderhede het kommer oor toenemende “rassisme” in Duitsland uitgespreek.
Voorbeelde is genoem van “verregse, anti-Islam betogings”, wat strydig is met uitsprake deur die land se leierskap dat sy grense vir duisende migrante oop is.
“Daar is kommerwekkende verwikkelinge van openbare manifestasies van rassisme en xenofobie,” het die Raad van Europa se komitee oor nasionale minderhede gesê in ’n verklaring wat in Straatsburg uitgereik is.
“Manifestasies van anti-Semitisme, anti-Moslem- en anti-immigrant sentimente asook aanvalle op asielsoekers is aan die toeneem,” lui die verslag.
Die verslag verwys spesifiek na die sogenaamde Maandag-optogte wat verlede winter deur die anti-Islamitiese Pegida-beweging gereël is.
Tydens die hoogtepunt het meer as 25 000 mense in die oostelike stad Dresden aan optogte deelgeneem, het AFP berig.