Valskerm- en sweeftuigongelukke laat een beseer, een dood

Deel op

‘n Middeljarige vrou is die naweek na ‘n plaaslike hospitaal in Bloemfontein geneem nadat sy ernstige frakture opgedoen het in ‘n valskermongeluk by die Tempe-lughawe buite die stad.

Riana Burger het Saterdagoggend ’n tandemsprong uitgevoer. Alles het normaal verloop, maar met die landing het sy haar femur (bobeen) op twee plekke gebreek.

‘n Woordvoerder vir Netcare 911, Chris Botha, sê dit was haar eerste tandemsprong saam met ‘n instrukteur van ‘n plaaslike valskermklub.

Hy sê met paramedici se aankoms was Burger by haar volle bewussyn maar het erge pyn ervaar nadat hulle grondlangs so tussen meer as 30meter gesleep is.

Paramedici het haar gestabiliseer en na die Pelonomi-hospitaal se trauma-eenheid vervoer.

Volgens haar man het hulle die grond hard getref met die landing en is etlike meter ver gesleep weens ‘n fratswind.

In ‘n ander voorval is ‘n sweeftuigvlieënier Sondag buite Potchefstroom dood toe sy tuig neergestort het, het paramedici gesê.

Hy is op die toneel dood. Die ongeluk word ondersoek en verdere besonderhede oor die voorval is nog nie beskikbaar nie, het ER24 gesê.

Die man is dood aangetref midde in die wrak van die tuig, sowat 3km buite die dorp. Die Burgerlike Lugvaartondersoekeenheid is nie dadelik in kennis gestel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.