Karel Combrinck: Nog plek vir witwees?

Nadine Morano
Deel op

Baie van die euwels waarmee ons vandag moet saamleef, kom van die Franse rewolusie en meer spesifiek van die Verklaring van Menseregte (Déclaration des droits de l’homme et du citoyen) van 1789. Hierin is die beginsels van «vryheid, gelykheid en broederskap » vervat wat die Franse leuse gebly het tot vandag.

Eerstens was daar van vryheid, gelykheid en veral broederskap in die skrikwekkende bloedvergieting van die Franse rewolusie wat op hierdie verklaring gevolg het, maar min sprake. Dit lyk asof die « droits de l’homme » alles ingesluit het behalwe die « droit » om te mag lewe. Maar nou ja, wanneer dit by ideologie en rewolusie kom, is slagspreuke altyd goedkoper as die waarheid. In Frankryk is dit ongeveer ‘n nasionale sport om mekaar elke nou en dan op groot skaal uit te roei, net sodat hulle dan later hulle genepoel met die invoer van Afrikane moet probeer versterk.

Die linksliberale media, politici en ander lede van die dekadente gemeenskap is baie lief om hoog op te gee oor hulle « waardes ». As ‘n mens egter ‘n bietjie begin ontleed, dan kom jy gou agter dat die « waardes » nie veel meer om die lyf het nie as bloot net gelykheid en dan spesifiek rassegelykheid.

Maar in watter mate word die groot « waarde » van gelykheid dan nou eerbiedig? ‘n Boom word tog spreekwoordelik geken aan sy vrugte. In die eerste plek sou dit lagwekkend wees om te beweer dat ongelykheid tussen ryk en arm aan die afneem is of dat gelykheid tussen die rykes en die armes hoegenaamd nagestreef word. Soos almal weet is ongelykheid tussen die rykes en armes groter as ooit in die geskiedenis en word dit by die dag net groter. Enige regdenkende mens sou hom kon vereenselwig met groter gelykheid tussen rykes en armes, maar dit is alles behalwe die oogmerk van die linksdekadente media wat trouens alles in hulle vermoë doen om hulle meesters, die rykes, nog ryker te maak.

Dus as ons die « waarde » van ekonomiese en finansiële gelykheid nie kan verwesenlik nie, kom ons val dan maar terug op die ou gunsteling, rassegelykheid.

As hierdie waarde minstens opreg en konsekwent nagevolg was, dan kon ‘n mens miskien nog vrede hê daarmee, maar dis alles behalwe die geval. Hierdie kernwaarde van die fatsoenlikes is trouens deurspek met teenstrydighede en geveinsdheid.

‘n Treffende illustrasie van die raserny waartoe die rasse-obsessie in die Weste in staat is, is die gewolt in Frankryk tans rondom Nadine Morano. Nadine Morano is ‘n senior lid van die MPU-party van Nicolas Sarkozy (die sg. « regses » in die Franse politiek) wat tydens sy bewind minister was. Sy het haar naamlik pas die toorn van die hele politieke klas in Frankryk op die hals gehaal deur te sê Frankryk is ‘n « land van witmense » ! (La France est un pays de blancs). Haar eie party het selfs haar kandidatuur in die komende streeksverkiesings teruggetrek. Vir ‘n verandering het sy nie die normale patroon gevolg deur ‘n dag later verskoning te maak en te sê sy « het dit nie so bedoel nie ».

Want kyk, daar bestaan mos nie iets soos « rasse » nie. Daar bestaan wel iets soos « rassisme », maar nie ras nie. Die logiese onbestaanbaarheid van so ‘n houding gaan by die linksdekadentes net verby. Logika is nie een van hulle sterk punte nie. Hulle sterkste punt is histerie.

Dus is alle rasse volgens die linksdekadentes gelyk. Nie alleen gelyk nie, maar dieselfde. Dit is die ideologiese posisie, maar wat is die praktyk ? In die praktyk is dit moontlik en inderdaad wenslik om tussen rasse te diskrimineer, d.w.s. deur swartes bo wittes te bevoordeel, wat betref arbeidsgeleenthede, opvoedingsgeleenthede, behuising, mediese voordele en wat nog. Dit is ook heeltemal in orde om in films en die ander media klem te lê op die gebiede waar swartes dan « meerderwaardig » sou wees soos bv. sport. Die linksdekadentes het ‘n verbale foefie daarvoor ontwerp: « Transformasie » of « regstellende aksie ». Volgens dié ideologie is dit verkeerd om te diskrimineer, maar wanneer swartes daardeur bevoordeel kan word, bestaan rasse ewe skielik en op wonderbaarlike wyse weer.

Intussen stroom die derdewêreld by hulle honderdduisende Europa binne danksy willose en lamsakkige Europese leiers en dis nog maar net die begin.

Is daar in hierdie haglike situasie nog enige hoop vir die witman? Sekerlik nie veel nie, maar daar is tog. In Amerika bestaan daar nou die vooruitsig dat daar weer ‘n witmens in die Withuis mag wees en nogal ‘n redelik konserwatiewe een daarby. Hoe konserwatief hy is, sal die tyd maar moet leer. En in Frankryk is die Front National van Marine Le Pen nou besig om reusevordering te maak. Moet egter nie die fout maak om te dink dat enigeen van hierdie persone of partye openlik vir die witman in die bres gaan tree nie, maar hulle konserwatiewe benadering tot sake soos nasionale grense, beheer van immigrasie en die selfbeskikking van volkere, mag tog wel ‘n bietjie help.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.