Poetin wil ‘inligtingsaanvalle’ deur skakeling verhoed

Verslae van beweerde ongevalle onder burgerlikes wat veroorsaak is deur Russiese lugaanvalle in Sirië het na vore gekom, selfs voor Russiese vegvliegtuie vir hul eerste sending opgestyg het, het President Wladimir Poetin gesê en sulke disinformasie as “inligtingsaanvalle” beskryf.

“Ander lande voer bombardemente op Siriese grondgebied uit nou al vir meer as ‘n jaar,” het die Russiese president Donderdag gesê.

Hy het gewys daarop dat die VSA-geleide koalisie die Siriese lugruim telkens inval met geen mandaat van die VN of uitnodiging van Damaskus nie.

“Ons het so ‘n uitnodiging en ons beplan om teen terroriste-organisasies te veg en hulle alleen,” het Poetin bygevoeg.

Poetin het die wenslikheid van skakeling tussen die VSA en Rusland beklemtoon aangaande Sirië Hy het gesê ‘n meganisme moet geskep word vir die deel van inligting oor militêre optrede in Sirië.

Hy het gesê só ‘n skakeling sal vals verslae verhoed.

Intussen probeer die Angelsaksiese pers voorgee dat Rusland “gematigdes” aanval in Sirië, maar volgens dié media se eie verslae is daar nie gematigdes nie aangesien hulle byna almal oorloop na al-Qaeda.

Rusland val dus terroriste aan wat deur die VSA self as terroriste beskou word.

In ander Angelsaksiese mediaberigte word beweer dat die aanvalle nie op ISIS gemik is nie, maar vroeëre berigte maak melding van geweld teen homoseksuele deur ISIS op presies dié plekke waar daar beweer word ISIS is nie teenwoordig nie.

Om Russiese militêre mag in Sirië te projekteer deur lugaanvalle teen teenstanders van Bashar al-Assad te onderneem, het die Obama-administrasie in ‘n besonder slegte lig gestel.

Washington beskik tans oor geen goeie opsies om sake om te keer nie.

Teen die agtergrond van die Amerikaanse beleid wat die opkoms van die Islamitiese Staat vergemaklik het, het die Russiese leier ‘n geleentheid om met ‘n beperkte belegging maksimum opbrengste te lewer.

Intussen het senator John McCain, hoof van die Senaat Gewapende Magte-kommitee, aan CNN gesê dat CIA-opgeleide weermagrekrute getref is in die aanvalle.

“Ek kan absoluut bevestig dat hulle aanvalle teen ons Siriese weermagrekrute uitgevoer het wat gewapen en opgelei is deur die CIA, want ons het kommunikasie met mense daar.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Guest

    Scores of NeoCons bleating for more ‘intervention’ against ISIS and bombing everything that moves back to the Stone Age in Syria on Tuesday, suddenly all turned against “intervention” against ISIS in Syria and bombing campaigns on Wednesday. Those who have been silent on civilians’ deaths caused by NATO-sympathizers in Ukraine, the Saudi assault on Yemen, or on civilians’ deaths caused by US-led bombing of Iraq and Syria, are suddenly bursting with “outrage”. Russia having an ally in the Middle East – why it’s appalling! – only the US is allowed to have allies in an area where there is so much oil! US media, overnight, has developed an intense concern about targeting precision, accuracy of bombing claims, identity of airstrike victims. US-led coalition: 2,579 air strikes in Syria. Russia: 8. Watch the media now fill up with “bitter outrage” about “Russian killing”. “Democracy promotion” is just old-fashioned imperialism and in an American-owned world, independence is so intolerable, it carries the death penalty. In South Africa too, we‘re meant to forget what our leaders have been telling us about ISIS all year. We’re meant to have brains the size of a pea and memories that don’t go back for more than a few days or hours. When we hear “PW Botha was a monster”, it’s also part of the new information war for morons and single-digit IQ’s.

  • Krisjan Lemmer

    Wat is n gematigde terroris in Sirie ? n ou met n AK 47 sonder ammunisie

    • StalinX

      Nee, ene met n windbuks 🙂

    • FR2P

      Terrorists use M16s, Steyr AUGs, FN FALs, SVDs. If Trump does not defeat the Deep State, do the math.

      China – 1300 million

      Russia – 150 million

      Europe – 500 million

      US – 200 million Europeans + 100 million third worlders.

      (all nuclear armed)

      All under strict control of a Lobby of 7 million.

      The situation in the Middle-East could get out of hand easily and provoke the US in a war with both Russia and China. Europe will change sides to liberate our people in North-America from Washington and its disastrous multiculturalist NeoCons.

    • Krisjan Lemmer: “Wat is n gematigde terroris in Sirie ?”

      Iemand met ‘n Amerikaanse paspoort…?

  • Peter

    With one single bombing run Russia gets the US to openly acknowledge the CIA’s ‘covert’ regime change forces.

  • ThysH

    Hoogs openbarende artikel op Fox News oor Suid-Afrikaanse Moslems uit Johannburg wat by ISIS gaan aanslui.

    http://www.foxnews.com/world/2015/10/03/south-africa-increasingly-isis-pipeline-for-jihadis-cash/?intcmp=hpbt3

    • ThysH

      Praag, wil julle nie Fox se berig oorneem nie. Dis baie interessant!

    • jan

      Juslaaik ThysH hoekom gaan baklei jy nie ook saam met ISIL nie ? – of in ‘n raadgewende hoedanigheid soos ‘n kat wat se pere uitgehaal is.?
      Soos die goeie plan van Ou Jan Smuts wie mos al die Boere Jingos verrraiers laat vrek skiet het in WO 1 en 2
      Goeie nuus.

  • Ray

    Die Amerikaanse leuen word nou ontbloot. Hulle beleid van geheime steun vir ISIS en openbare demonisering is besig om uitmekaar te val.

  • Arnieann

    Die Amerikaanse verskoning dat Assad ‘n mense en kinder moordenaar is, en dus uitgeskakel moet word is ‘n flou verskonig. Assad moet vervang word met ‘n leier wat Amerika goedgesind is.
    Op daardie wyse word Rusland van sy enigse hawe buite Rusland gestroop.
    En dit sal Putin nie toelaat nie. Dit is waaroor die die oorlog daar gaan.