Sakeman aangekeer vir onwettige handel in diesel

Deel op

‘n Sakeman van Bloemfontein, wat glo duisende liters diesel in groot tenks by sy huis in Langenhovenpark onwettig geberg het, verskyn na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof.

Die 27-jarige man is Woensdagaand by sy huis op ‘n onderverdeelde erf met twee ander huise daarop, in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê die polisie het op meer as 8 000 liter diesel ter waarde van meer R46 000 in agt groot houers beslag gelê.

Sy sê die man kon nie ‘n lisensie verskaf wat hom in staat stel om wettig met diesel handel te dryf nie. Hy word aangekla ingevolge die Wet op Petroleum.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.