WEF plaas SA derdelaaste vir wiskunde en wetenskap

Deel op

Suid-Afrika is byna heel laaste onder 140 lande gemeet aan wiskunde- en wetenskapopleiding, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se verslag oor globale mededingendheid.

Verlede jaar se verslag ook het die land laaste uit 148 lande geplaas.

Die verslag vir 2015/16 skilder ‘n somber prentjie, met Suid-Afrika wat 138ste uit 140 lande kom.

Die enigste twee lande wat slegter doen, is Egipte en Paraguay.

Wat toegang tot die internet in skole betref, is Suid-Afrika 119de uit 140.

DA-LP Annette Lovemore sê die swak prestasie weerspieël nie die vermoë van “ons leerders nie”.

Lovemore sê dit is ‘n aanduiding van ‘n onderwysstelsel wat dringende ingryping nodig het.

Verlede jaar het die departement van basiese onderwys die verslag gekritiseer en gesê dit was “nie ‘n geloofwaardige of akkurate weerspieëling van die stand van onderwys in Suid-Afrika nie” en is “suiwer gebaseer op die menings of persepsies van geselekteerde bestuurders”.

Afrika Check, wat deur George Soros befonds word, het ook verlede jaar se verslag gekritiseer en gesê:. “Die WEF se opvoedingsranglys is nie ‘n akkurate weerspieëling van die stand van onderwys in Suid-Afrika nie. Op sy beste is dit ‘n weerspieëling van die menings van sowat 50 ‘sakeleiers.”

Operasie Phakisa sal Vrydag bekendgestel word, wat bedoel is om die land se standaard van onderwys te verbeter.

Deel van die operasie is om onderwysers op te lei om tegnologie in die klaskamer te gebruik. Die privaatsektor, akademiese instellings en die departement sal saam werk om digitale inhoud vir wiskunde en wetenskap te ontwikkel.

Phakisa beteken “maak gou” in Sotho.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.