Dorp al 9 dae sonder water

Deel op

Kestell is al nege dae sonder water.

Gedurende die eerste ses dae was inwoners van die Oos-Vrystaatse dorp heeltemal sonder water.

Volgens ‘n inwoner, Brian Wiltshire, het hulle die afgelope twee dae slegs in die aande water gehad. Wiltshire sê die probleem bestaan al die afgelope nege jaar. Hy sê daar was bewerings dat waterpype lek en dat damme leeg is.

Volgens Wiltshire het dienslewering deur die Maluti a Phofung munisipaliteit tot niet gegaan.

Wiltshire sê hulle het ‘n jaar laas vullisverwyderingsdienste gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.