VSA voer lugaanvalle teen Taliban/ISIS uit

Deel op

Amerika het lugaanvalle in die noordelike Afgaanse provinsie Kunduz van stapel gestuur, ’n dag nadat die provinsiale hoofstad deur die Taliban ingeneem is.

Die grootste deel van die suidelik Helmand-provinsie is tans onder Taliban-beheer.

Die val van die stad het paniekbevange inwoners sowel as Afghaanse veiligheidsmagte op die vlug laat slaan.

Dit word as ’n reuseslag vir Afganistan se NAVO-opgeleide veiligheidsmagte beskou.

Afgaanse veiligheidsmagte wat na die nabygeleë lughawe onttrek het nadat die stad geval het, het met ’n teenoffensief begin.

Dit is die eerste keer in 14 jaar dat die Taliban daarin slaag om ’n belangrike stedelike sentrum in te neem.

Kunduz, ‘n groot vervoerpunt, was Maandag die eerste stedelike gebied om te val teen die Taliban sedert 2001.

Intussen kan Amerikaanse en NAVO-troepe nie onttrek uit die land nie.

Sowat 130.000 Amerikaanse troepe is steeds in Afghanistan en alhoewel president Obama verklaar het dat hulle teen 2016 sal onttrek, is dit duidelik dat hulle vasgevang is in die jongste geweld.

Beide Ash Carter, die sekretaris van verdediging, sowel as John Kerry sê die Taliban word deur ISIS oorgeneem, wat sal beteken dat Amerikaanse magte sal moet aanbly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.