Mars se water-ontdekking val saam met filmvrystelling

Deel op

Dit wil voorkom asof die planeet Mars klein, vloeiende stroompies water het, minstens in die somer.

Dit is die bevinding van wetenskaplikes wat sê dit is ’n aanduiding dat lewe wel op die rooi planeet kan bestaan.

“Mars is nie die droë, dorre planeet wat ons in die verlede gedink het dit is nie,” het Jim Green, die direkteur van planetêre wetenskap by Nasa, gesê.

Wetenskaplikes het in 2008 bevestig dat bevrore water op Mars gevind is. Instrumente aan boord Nasa se Mars-verkenningstuig het nou die beste bewyse dusver gevind dat vloeibare water langs sekere gebergtes op Mars stroom.

Omdat water noodsaaklik is vir lewe, kan die bevinding die deur open vir die moontlikheid dat mikro­skopiese vorms van lewe op die aarde se naaste ruimtelike buurplaneet voorkom.

Die aanduidings van water is nie nuut nie, meen kritici, en die aankondiging val ongelukkig saam met ‘n Hollywood-film oor Mars wat tans vrygestel word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.