Rusland voer lugaanvalle teen ISIS uit

Rusland het Woensdag 20 lugaanvalle in Sirië uitgevoer na hulle deur die land se president versoek is om op te tree teen internasionale terroriste.

Die Kremlin het die militêre ingryping goedgekeur om pres. Basjar al-Assad, ‘n bondgenoot in die streek, te help om militante te verdryf.

Pres. Wladimir Poetin het eenparige steun van sy parlement ontvang om lugaanvalle op die Islamitiese Staat (ISIS) in Sirië uit te voer.

Washington is in ‘n moeilike posisie geplaas, nadat dit duidelik geword het dat Amerikaanse lugaanvalle nie die opmars van ISIS stuit nie.

Moskou het Washington reeds weke gelede oor die ingryping ingelig om ‘n verenigde front teen internasionale terreur te skep, maar die VSA het min belangstelling getoon.

Rusland het die Amerikaanse lugmag versoek om die Siriese lugruim tydens die operasie te vermy, het John Kirby, woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, gesê.

Rusland en die VSA het teenstrydige weergawes gegee van watter teikens aangeval is.

Die Amerikaners het gesê dit blyk die teikens was in die Homs-provinsie, maar nie in gebiede wat deur die IS beheer word nie, terwyl Rusland aangedui het dat hulle reeds 8 ISIS-posisies uitgewis het.

Verskeie rebellegroepe is blykbaar in dié provinsie gevestig, waaronder talle wat as die Free Syrian Army bekend staan. Hulle word deur die VSA ondersteun.

Die Russiese ministerie van verdediging het gesê die aanvalle was op ISIS-militante gemik en dat arsenale, ammunisie, infrastruktuur en brandstof van die IS in die aanvalle getref is.

Poetin wil verhoed dat internasionale terroriste wat in die Russiese Federasie gewerf is, terugsypel en terreurdade pleeg.

Rusland het vroeër beklemtoon dat die Amerikaanse inval in Sirië nie deur die VN goedgekeur is nie en strydig is met Internasionale Wetgewing.

Senator Dick Black, ‘n Amerikaanse politikus het intussen erken dat Turkye, ‘n NAVO-lid, agter die Islamitiese Staat sit. Turkye het 300 lugaanvalle teen die Koerdiese minderheid uitgevoer en slegs één teen ISIS.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Arnieann

    Amerika is nou vrek bang dat Putin hulle geheime terroriste kampe gaan uitwis. Juis daardie geheime terroriste wat Asaad moet onttroon.
    .

  • Witbeer

    Of te wel……Poetin is keelvol vir Olibama se leuens, hy gee die CIA se terroriste, aka ISIS n pakslae, rolle het verander by die VN, Poetin het Olibama ontroon….. Skaak is nie n spel vir die halfgebak in die withuis nie.

    • eduard

      Waar het jy gesien ‘n halfgaarkaffermoffie kan skaak speel.

  • FR2P