Oproer in Noordwes, Kaapstad oor dienste

Deel op

In oproer by Kopela buite Delareyville in Noordwes het drie skole en ‘n kliniek aan die brand gesteek omdat lokasiebewoners nie water en elektrisiteit ontvang nie.

Intussen is die N18 tussen Stella en Mahikeng Noordwes ook versper. Dit het daartoe gelei dat inwoners van Makhubung buite Mafikeng nie by die werk kan kom nie.

Oproermakers eis water- en kragvoorsiening en beter paaie.

Die situasie is kalm in Masiphumelele naby Vishoek buite Kaapstad, na Dinsdag se gewelddadige betogings.

Oproeriges het bande gebrand en die polisie met klippe bestook. Hulle het geëis dat sewe mense wat in hegtenis geneem is in verband met ‘n beweerde vigilante-moord, vrygelaat word.

Hulle eis ook hulle eie polisiestasie, weens ‘n toename in misdade soos moord, verkragting en dwelm- en alkoholmisbruik.

Paaie in die gebied is gesluit en die polisie het rubberkoeëls en traanrook gebruik om die oproeriges uiteen te jaag.

Vyf-en-dertig mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld, maar is intussen vrygelaat. Die polisie monitor steeds die situasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.