Vier swartes voor na aanval, moord by wildsplaas

Deel op

Vier swart verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n vrou by die Motlopi Lodge-wildsplaas, verskyn vandag in die Thabazimbi Landdroshof in Limpopo.

Die 60-jarige Petro Res is in die kop geskiet, en haar man Bruno is in die arm geskeit toe hy die die kode van ‘n kluis kon onthou nie.

Die egpaar is na bewering vir 16 uur saam met ‘n vriendin, Marie Barnard, in ‘n instap-yskas toegesluit.

Petro is dood, terwyl Bruno en die vriendin gered is. ‘n Polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê die egpaar se huiswerker en haar man is onder die verdagtes wat die naweek in hegtenis geneem is.

Twee van die verdagtes is in Soweto vasgetrek, terwyl die ander twee op die wildsplaas in hegtenis geneem is.

Die soektog na nog vyf swart verdagtes duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.