SARK ruk op teen korrupsie

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke hou Woensdag optogte teen korrupsie landwyd.

Die SARK het lede van die publiek aangemoedig om ook hul ontevredenheid te lug.

Die raad sê kerke het ‘n morele verpligting om diegene wat skuldig bevind word aan korrupsie verantwoordbaar te hou.

Die president van die SARK, Biskop Sipho Siwa sal deel wees van die optog na die Unie-gebou in Pretoria en die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Makgoba sal aan die Kaapse been deelneem.

Intussen sê die Koalisie teen Korrupsie meer as 200 burgerlike groepe, godsdiensorganisasies en sommige vakbonde sal aan die optogte deelneem.

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het vroeër gesê meer as 300 maatskappye en 800 indiwidue het reeds hulle steun aan die optog toegesê.

Nedlac het toestemming aan NUMSA geweier om aan die optogte deel te neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.