Gewapende roof kan maklik gestop word meen ISS

Deel op

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die toename in ernstige geweldsmisdaad dui op die polisie wat nie ‘n duidelike strategie het om misdaad te bekamp nie.

Dit is die reaksie van die Instituut van Sekerheidstudies (ISS) nadat Suid-Afrika se misdaadsyfer vroeër in die parlement voorgelê is.

Luidens ‘n ISS-verklaring laat die toename in voorvalle van gewapende roof ‘n vraagteken oor of die polisie sy hulpbronne doeltreffend gebruik.

Die verslag toon roof met verswarende omstandighede het ‘n 6,9% toename oor die land heen getoon.

Die ISS meen gewapende roof is ‘n duidelike aanwyser van die polisie se doeltreffendheid, omdat rooftogte deur ‘n relatief kleiner getal georganiseerde gewoontemisdadigers uitgevoer word.

Dit kom daarop neer dat ‘n goed beplande polisiestrategie wat ondersteun word deur gespesialiseerde spanne en speurders tot die identifisering, inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die toenemende getal gewapende rowers sal lei.

Die ISS sê Suid-Afrikaners kan nie nog ‘n jaar onder toenemende gewelddadige rooftogte deurloop nie, terwyl die polisie ‘n begroting van R80 miljard het en meer as 194 000 werknemers in sy diens het.

Suid-Afrika het ook van die beste tegnologie ter wêreld en moet misdaad soos gewapende roof bekamp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.