Selfmoordbom by krieket dalk Islamitiese Staat

Minstens nege mense is dood en nog vyftig beseer in ’n selfmoordbomaanval Sondag by ’n krieketwedstryd in Afganistan.

Die aanval was in die suidoostelike Paktika-provinsie, teen die grens met Pakistan, het Reuters berig.

Volgens die beamptes het die selfmoordbomaanvaller heel moontlik die plaaslike regeringsbeamptes wat die wedstryd bygewoon het, geteiken.

Die Taliban het ontken dat hy vir die aanval verantwoordelik was. Die militante van die Islamitiese Staat aanvaar selde verantwoordelikheid vir aanvalle waarin baie burgerlikes sterf of beseer word.

Sedert die internasionale magte hulle verlede jaar aan Afganistan onttrek het, veg die Afgaanse veiligheidsmagte met min steun teen die Taliban.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.